Suid-Afrika sit met ‘n tsoenami van rioolvuil wat eenvoudig net nie meer in riviere verdun kan word nie, het doktor Anthony Turton, ‘n waterkenner verbonde aan die
Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur gesê.

Turton het verder aan Maroela Media gesê die land lewer daagliks meer as vyf miljard liter rioolvuil wat dag in en dag uit in riviere en damme gestort word.

Slegs 10% van die massas riool word behandel tot op ‘n vlak waar dit veilig is vir menslike kontak.

Meer as 60% van die land se groot damme is nou eutrofies met hoogs verrykte water wat giftige siano-bakteriee kweek.

Hierdie bakteriee floreer in die warm water en toenemende vloei van voedingstowwe uit riool.

Ons riviere het in gevaarlike rioolstrome verander wat skadelike patogene teel, het Turton gesê.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×