Suid-Afrika is een van die top 30 droogste en watersskaars lande ter wêreld. Dit is volgens die Interregeringspaneel oor Klimaatsverandering. Dit is dus uiters kommerwekkend dat munisipaliteite regoor die land miljarde rande weens lekkasies en onwettige wateraansluitings verloor. Dit is veral ʼn groot bron van kommer in die eThekwini munisipaliteit, wat luidens berigte ʼn jaarlikse verlies van twee miljard rand so lei. Intussen het Rand Water in Gauteng begin met waterverskuiwing as ‘n bestuursinstrument om die watertoevoer na gemeenskappe regoor Gauteng te versprei. Rand Water sê dit sal die toevoer van water tussen vier van sy reservoirs in Gauteng verskuif om mekaar te bedien wanneer een reservoir laag is. Netwerk 24 het vroeër berig die Mangaung Metro het reeds ‘n agterstand van 1100 waterlekke en gebarste pype wat nog herstel moet word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×