Daar word nie meer teengif vir slange, skerpioene en spinnekoppe deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens vervaardig nie.

Daar is ook geen aanduiding wanneer dit weer sal begin nie.

Dit laat miljoene mense, veral kinders en bejaardes, in uiterste gevaar.

Volgens die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens is die vervaardiging weens konstruksiewerk gestaak en het hul tans geen voorraad, behalwe vir boomslang-teengif.

ʼn Woordvoerder van die Snake Bite Assist-organisasie, Arno Naude, sê dit is nie ʼn verligting dat daar boomslang-teengif is nie, aangesien dit net vir boom-slangbyte gebruik kan word wat in elke geval uiters skaars is.

Hy is van mening dat die regering hierdie krisis meer ernstig moet opneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×