President Cyril Ramaphosa het vandag die 20ste Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa)-forum in Johannesburg toegespreek en gesê dat Suid-Afrika sy verhouding met die VSA waardeer. Die beraad vind in Suid-Afrika plaas nadat die land se verhouding met die VSA getoets is deur bewerings dat dit Rusland van wapens voorsien het. Die bewerings is deur die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, gemaak. President Ramaphosa het gevra dat Amerika die Agoa-ooreenkoms met Suid-Afrika sal hernu. Die VSA het vier lande uit Agoa geskop, Niger, Gaboen, Uganda en die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×