Die Suid-Afrikaanse regering is bekommerd oor die geweld in Mosambiek ná die buurland se onlangse verkiesing.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê in ʼn verklaring dat hy telefonies met sy Mosambiekse ampsgenoot kontak gemaak het om vir kalmte te pleit.
LEES MEER: Geen rekord van Mosambiek se opposisieleier in SA
Die Labombo-grenspos by Komatipoort is intussen vir voertuie gesluit weens die gewelddadige betogings in Mosambiek.
SABC-nuus berig President Cyril Ramaphosa gaan met die Mosambiekse regering beraadslaag om kalmte en stabiliteit te weeg te bring. Die Padvragvereniging sê intussen ‘n spesiale taakmag is op die been gebring om vragmotorbestuurders aan die Suid-Afrikaanse kant van die grenspos te beskerm.
1 Comment
Comments are closed.