Die Suid-Afrikaanse regering het kommer uitgespreek oor die toenemende vyandighede in die Midde-Ooste.

Die regering het in ‘n verklaring verwys na Israel se militêre optrede in Libanon, en Iran se weerwraakaanvalle vroeër die week. Suid-Afrika het ‘n beroep op alle betrokkenes gedoen vir uiterste selfbeheersing.

SABC-nuus berig die regering sê die kwesbare mense in die streek ly die meeste onder die konflik. Volgens Suid-Afrika glo hy steeds in die Palestynse volk se reg op selfbeskikking as ‘n voorvereiste vir vrede in die streek.

error: Inhoud is beskerm !!