Suid-Afrika beplan om ‘n afvaardiging na verskeie lande te stuur om steun te werf voor onderhandelinge met die Verenigde State van Amerika (VSA).
Nuusflits berig die afvaardiging sal na Frankryk, Duitsland, België, China, Brasilië en ander Brics-lande reis om Amerika se deelname aan die samesprekings te verseker.
Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is gespanne weens die land se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof, en die onteieningswet wat deur president Ramaphosa onderteken is.
Dit is nie duidelik wie die afvaardiging na Amerika sal lei nie, maar die Presidensie het bevestig dat dit lede van verskeie sektore sal insluit.