Suid-Afrika sukkel met ‘n ernstige uitbreking van hoogs patogeniese voëlgriep stamme H5 en H7. Die Gauteng provinsie is die swaarste getref met 37 H7-uitbrekings en ‘n verlies van meer as ‘n miljoen hoenders. Die Wes-Kaap is ook ‘n groot brandpunt vir H5, met sewe uitbrekings en meer as ‘n miljoen hoenders wat verlore is. Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se woordvoerder, Reggie Ngcobo, doen ‘n beroep op pluimveeboere om biosekuriteitsmaatreëls en inentingspogings te installeer. Nagenoeg 20% van al die hoenders in die land is al van kant gemaak en dit kan toeneem as die epidemie nie in bedwang gebring word nie. Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB Agribusiness het gesê die verwagte styging in hoenderpryse en eiers is slegte nuus vir verbruikers en beteken ook ‘n verlangsaming in kosprysinflasie.
