Tru-Cape, Suid-Afrika se grootste uitvoerprodusent van vrugte, het so net voor Kersfees gehoor hulle mag appels na Thailand uitvoer.

Die besturende direkteur van Tru-Cape, Roelf Pienaar, sê om Thailand as ‘n nuwe bestemming in die Verre Ooste vir hul appels te hê, sal hul voetspoor aansienlik verbeter. Maroela Media berig variëteite soos Fuji, Joya en Royal Gala sal by die toegang tot die Thaise mark baat vind.

Pienaar voeg by hulle is ook positief om Pink Lady-appels in die toekoms te kan uitvoer. Volgens die bedryfsliggaam Hortgro het Suid-Afrikaanse appeluitvoere die afgelope dekade met 40% gestyg.

Dit is hoofsaaklik deur uitvoere na die Verre Ooste en Asië aangedryf, aangesien sowat 35% van alle Suid-Afrikaanse appeluitvoere hierheen gaan.  Tru-Cape voer tans appels en pere  na meer as 105 markte oor die hele wêreld uit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×