Suid-Afrikaanse blits Akani Simbine word vinnigste Afrika-atleet tot nog toe in die 100m

Dit was perfekte tydsberekening vir die Suid-Afrikaanse blits Akani Simbine wat gisteraand op die Gyulai Istvàn-gedenkbyeenkoms in Hongarye die vinnigste Afrika-atleet tot nog toe in die 100m geword het nadat hy die rekord wat 15 jaar gelede deur Olusoji Fasuba van Nigerië opgestel was, gebreek het.

Sy 9.84 sekondes maak hom ook die naasvinnigste atleet in diè nommer vir 2021.

Vir Simbine se afrigter, Werner Prinsloo, kom hierdie skitter vertoning op net die regte tyd wat die Suid-Afrikaner momentum gaan gee vir die Olimpiese Spele wat oor minder as drie weke in Tokio begin.

Simbine sal nou eerskomende Vrydagaand weer in die blokke sak by die Diamantliga-reeks se byeenkoms in Monaco en sal hoop om op hierdie puik vertoning voort te bou.

Luister na potgooie hieronder