Suid-Afrikaanse brandbestryders keer terug uit Kanada

109 brandbestryders en bestuurslede van Suid-Afrika se Working-on-Fire program keer môre terug uit Kanada, nadat hulle die afgelope maand hulp gaan verleen het met die bestryding van verwoestende veldbrande in die land.

Die groep, van wie 30 vroue, het op 10 Augustus na die provinsie Manitoba vertrek.

‘n Ooreenkoms wat voorsiening maak vir die uitruil van hulpbronne vir brandbeheer, bestaan tussen Suid-Afrika en Kanada.

Reuse brande wat vererger is deur rekordhoë temperature en droë weerstoestande, woed sedert Julie in die westelike dele van
Kanada.

Luister na potgooie hieronder