Vandag is die tweede stemdag vir Suid-Afrikaanse expats in 102 lande. Stembusse, wat oop is van sewe-uur die oggend tot sewe-uur saans, hanteer die proses die naweek.

Oorsese stemmery het gister (Vrydag) begin toe Suid-Afrikaners in nege lande gestem het. Die adjunkhoofverkiesingsbeampte van die OVK, Masego Sheburi sê alles verloop tot dusver glad.

Londen, wat Suid-Afrika se grootste oorsese stemwyk is, het ‘n spesiale twee-daagse stemvergunning. Die adjunkhoëkommissaris in Brittanje, Dineo Mathlako, noem egter 100 kiesers het gister gestem ná ‘n misverstand oor die datums.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×