Suid-Afrikaanse fietsryer gaan aan die wêreld se mees beroemdste fietswedren deelneem

Met die Tour De France wat op die 26te Junie in die Franse kusdorp Brest begin, gaan Suid-Afrika trots kan spog met nog ‘n Suid-Afrikaanse fietsryer wat aan die wêreld se mees beroemdste fietswedren gaan deelneem.

Die 25-jarige Nicholas Dlamini van Kaapstad se buiging in die Tour kom 20 jaar na Robert Hunter in 2001 die eerste Suid-Afrikaner geword het wat sy debuut in diè toer gemaak het.

Dlamini sê hy was absoluut oorweldig en emosioneel toe hy van sy insluiting verneem het en heel eerste diè nuus met sy vrou Zia gedeel het.

Dlamini wat vir die Qhubeka Assos span gaan ry, het verder gesê dat daar 21 skofte in die Tour is en dat daar sommige dae sal wees waar hy in die wegbreekgroep kan gaan en probeer om ‘n skof in te palm en ander kere sal sy taak wees om sy span aan die voorpunt van die peloton te hou om ‘n wen te verseker.

Nicholas wat van sy kinderdae al droom om aan die Tour de France deel te neem het gesê dat hierdiè droom nou uiteindelik bewaarheid is.

Luister na potgooie hieronder