President Cyril Ramaphosa se Kabinet het die publikasie van die Grondwet se Agtiende Wysigingswetsontwerp vir openbare kommentaar goedgekeur. Dit sal die weg baan vir Suid-Afrikaanse Gebaretaal om die twaalfde amptelike taal van die land te word. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, het gesê die Kabinet het besluit dat hierdie stap kulturele aanvaarding sal bevorder en gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners sal bevestig, ongeag hul gestremdhede. Intussen gaan die Afrikaanse Taalmonument en- museum se raad vandag voort met strategiese beplanning rakende ‘n moontlike naamsverandering. Lede van die publiek kry Saterdag hulle beurt om insette en kommentaar te lewer op ‘n openbare vergadering in die Strooidakkerk in die Paarl.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×