Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) berig dat jong Suid-Afrikaners toenemend kwesbaar is vir radikalisering en terrorisme.

Willem Els van die ISS sê kinders so jonk as 11 word vir terrorisme gebruik.

Els skryf hierdie groeiende risiko toe aan sosiale media, wat dit vir terroriste makliker maak om individue te werf.

Hy voeg by dat Suid-Afrika nie daarin slaag om die kwessie voldoende aan te spreek nie weens ‘n gebrek aan intelligensiehulpbronne en politieke wil.

Els doen ook ‘n beroep op dringende optrede om die toenemende invloed van terreurgroepe wat jong mense teiken, teë te werk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×