Die Suid-Afrikaanse skrywer en digter Breyten Breytenbach is in Parys, Frankryk, oorlede.

News24 berig die digter se broerskind, Leon Breytenbach, het die tragiese afsterwe van die 85-jarige woordsmid bevestig.

Breyten, wat aan kanker gely het, is rustig in sy slaap oorlede, met sy Viëtnamese vrou, Yolande Ngo Thi Hoang Lien, aan sy sy.

Breyten was ’n gevierde Suid-Afrikaanse digter, romanskrywer, skilder en aktivis wie se werk die letterkunde en kunste, plaaslik sowel as internasionaal, diep beïnvloed het.

Hy is op 16 September 1939 in Bonnievale in die Wes-Kaap gebore en was een van vyf kinders.

Hoewel hy ’n groot deel van sy lewe in die buiteland deurgebring het, het hy steeds ’n diep verbintenis met sy Suid-Afrikaanse wortels behou.

Sy eerste werk, Die ysterkoei moet sweet, is in 1964 gepubliseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×