Suid-Afrikaanse opposisiepartye wat koalisies gevorm het om beheer oor ‘n aantal dorpe van die regerende ANC in verlede jaar se munisipale verkiesing te ontneem, oorweeg dit nou om ‘n gesamentlike veldtog te voer vir die nasionale verkiesing in 2024. Die DA en verskeie kleiner teenstanders het begin met samesprekings oor ‘n samewerkingsraamwerk om munt uit hul kollektiewe steun te slaan. Besonderhede oor hoe opposisiepartye moontlik kan saamwerk, word nog bespreek en ondersoek. Herman Mashaba se ActionSA-party het te kenne gegee dat dié party se deelname aan ‘n gesamentlike veldtog uitgesluit is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×