Verskeie wêreldleiers het onderneem om hulp na Turkye en Sirië te stuur waar die kragtigste aardbewing in byna ‘n eeu vroeg Maandagoggend getref het.

CNN berig meer as 4 300 mense is dood.

Meeste van die oorledenes het geslaap toe die aardbewing, van 7,8 op die Richterskaal, die streek vroeg gisteroggend geruk het.

Geboue is platgevee en skuddings is so ver as Groenland gevoel.

Intussen het die organisasie Gift of the Givers bevestig dat soek-en-reddingspanne sowel as mediese personeel van Suid-Afrika met gespesialiseerde toerusting gereed staan om vandag na Turkye en Sirië te vlieg.

Die stigter van die organisasie, dokter Imtiaz Sooliman, het gesê Gift of the Givers in Turkye het om hulp gevra.

Suid-Afrika se ambassadeur in Turkye, Dipuo Letsatsi-Duba, het ook vir bystand na die organisasie uitgereik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×