Die Regterlike Inspektoraat van Gevangenisse het sy kommer uitgespreek oor oorbevolking in die land se tronke. Die aantal gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke het op 160-duisend gestaan voor vanjaar se vrylating van sommiges op spesiale kwytskelding. Die inspektoraat het die Parlement die week oor sy jaarverslag ingelig. Dit het opgemerk dat die land die hoogste aantal aanhoudingsgevangenes vanjaar aangeteken het oor die afgelope dekade. Oorbevolking in Suid-Afrika se tronke is nou op 38 persent.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×