Die landbouorganisasie AgriSA doen ‘n beroep op die regering om planne in plek te stel om voldoende op veldbrande te reageer. Minstens een-komma-twee-miljoen hektaar grond het in al nege provinsies verlore gegaan weens wegholveldbrande. AgriSA sê dit plaas nie net druk op boere nie, maar kan tot ernstige voedseltekorte in die land lei. Brande het sedert middel Augustus deur weivelde en saailande in die Noord-Kaap, Noordwes, die Vrystaat en Limpopo gewoed. Intussen het ‘n kenner op die gebied van landelike beveiliging, Lukas Swart, gesê Suid-Afrika se brande was voor 1993 onder beheer as gevolg van westerse metodes. Afrikalande suid van die ewenaar het ‘n manier om homself af te brand om reën te roep en dan is daar natuurlik sabotasie deur wit en swart mense. Die land sukkel tans met brande maar lyk gelukkig nie soos lande in die res van suidelike Afrika nie. Boere moet begin leer om brande te bestuur en te beplan deur brandvore en om terug te brand want brande gaan erger word.
