Terwyl bomme enkele meters van hom ontplof, is ‘n oud Suid-Afrikaner besig om Oekraine in hul oorlog teen Rusland by te staan. Peter Fouche, ‘n oud-polisieman van die Oos-Kaap is passievol wanneer hy praat oor Oekraine se saak en sy besluit om na die land te vertrek en betrokke te raak. Maroela Media berig Fouche help paramedici deesdae in die voorste linies om gewonde soldate so vinnig moontlik na veiligheid te kry en noodbehandeling toe te pas. Die 48-jarige Fouche was in die Blitspatrollie in Port Elizabeth voor hy na Engeland emigreer het. Daar was hy ‘n konstruksiewerker voordat Rusland Oekraine in Februarie 2022 binnegeval het.