Volgens sosiale media begin dit vir menigde Suid-Afrikaners lyk of die voedselvergiftigingsgevalle onder leerders aangehits word. Nog ander lewer kommentaar dat dit verdag is dat slegs skoolkinders geraak word, terwyl hele gemeenskappe by spaza-winkels koop.

Die kommentaar volg nadat nog 24 leerlinge in Mpumalanga gister na die hospitaal vir vermoedelike voedselvergiftiging gehaas is. Eyewitness News berig leerlinge van die Laerskool Enzanzi is gister gehospitaliseer nadat hulle glo versnaperinge wat by ‘n plaaslike spaza-winkel gekoop is, geëet het.

Die kinders is tussen die ouderdom van ses en 12 jaar oud. Intussen is die 16 Tembisa-leerlinge uit die hospitaal ontslaan nadat hulle ook vroeër die week gehospitaliseer is nadat hulle atchar geëet het wat by twee van hul skoolmaats gekoop is.

Die Mpumalanga Onderwysdepartement het ‘n beroep op ouers en onderwysers gedoen om die voedsel wat deur kinders verbruik word, te monitor.

.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×