Loonverhogings vir staatsamptenare gaan die belastingbetalers oor die volgende twee boekjare meer as R60 miljard kos. Dit was die antwoord op ‘n vraag van Dr Leon Schreiber, DA-LP en woordvoerder oor staatsdiens en administrasie aan die minister van staatsdiens en administrasie, Noxolo Kiviet, Woensdag in die Nasionale Vergadering. Netwerk 24 berig Kiviet het gesê ‘n bedrag van R34,4 miljard is tydens die 2023.2024 boekjaar vir die loonooreenkoms betaal. Staatsamptenare het ‘n 7,5% verhoging gekry, wat bereken word as ‘n verhoging van 3,3% plus die waarde van die R1000-kontanttoelae wat maandeliks toegeken word. Vir 2024/2025 is die bedrag R25,4 miljard.