Terwyl ’n verhoging in belasting op toegevoegde waarde (BTW) beslis van die tafel af is, gaan Suid-Afrikaners meer vir brandstof betaal.

Eyewitness News berig ná ’n driejaar-vries sal die brandstofheffing weer op 4 Junie 2025 verhoog.

Vanaf volgende maand styg die algemene brandstofheffing op petrol met 16 sent tot R4,01 per liter, en die heffing op diesel gaan met 15 sent tot R3,85 per liter styg.

Dit is een van die maniere waarop die minister van finansie, Enoch Godongwana, beplan om die begrotingstekort in hierdie boekjaar te finansier.

Hy waarsku ook dat verdere belastingvoorstelle vir 2026 in die vooruitsig is.

error: Inhoud is beskerm !!