Die Nasionale Departement van Vervoer het gesê die proses is tans aan die gang om ‘n nuwe bestuurslisensiekaart in werking te stel. Dit is nadat die kabinet die nuwe kaart in Augustus verlede jaar goedgekeur het. Die nuwe kaart sal voor die einde van die huidige finansiële jaar bekend gestel word. Dit sal ook nuwe kaartproduksiemasjiene meebring om die huidige masjien te vervang. Die departementswoordvoerder, Collen Msib, sê intussen is die huidige rybewyskaartproduksiemasjien weer in volle produksie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×