Suid-Afrikaners het Maandagoggend vir die eerste keer sedert Januarie 2019 die geleentheid gehad om ‘n totale maansverduistering te kon beleef. Professor Matie Hoffman van die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein het gesê die maksimum verduistering was vanoggend om elf minute oor ses, toe die maan in die vol skaduwee van die aarde was. Aangesien die son vanoggend eers teen ongeveer agt minute voor sewe opgekom het, was die bloedrooi maan toe nog min of meer vyftien grade bokant die westelike horison gewees. Maansverduisteringe vind altyd tydens volmaan plaas, wanneer die maan presies aan die teenoorgestelde kant van die aarde as die son is. Vir Bloemfontein het die maan ondergaan net mooi toe die maan uit die vol skaduwee van die aarde begin uitbeweeg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×