Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het Suid-Afrikaners gerusgestel dat eiervoorraad geleidelik aangevul word en dat dit is nie nodig is om paniek aankope te maak nie. ’n Tekort aan pluimveeprodukte het die land getref ná ’n uitbreking van voëlgriep. Die departement sê 70 persent van plase wat nie besmet is nie, produseer steeds eiers en hoenders. Die departement het bygevoeg dat hulle ‘n paar oop invoerpermitte vir eiers en pluimveeprodukte van verskeie lande het.