Dit is nie meer vir Suid-Afrikaners nodig om gesigmaskers te dra nie, selfs nie eens binnenshuis nie. Dit kom nadat mense hier vir meer as twee jaar lank agter ‘n masker moes asemhaal as voorsorgmaatreël tydens die Covid-19-pandemie. Beperkings op die aantal bywoners van byeenkomste is ook afgeskaf en dieselfde geld regulasies oor die inentingstatus van mense wat die land binnekom. ‘n Bejaarde weduwee van Bloemfontein, wie se man weens Covid-verwante komplikasies tydens die eerste golf gesterf het, het gesê sy dink dit kom te gou en dat dié besluit nie goed deurdag is nie. Die meeste ander mense met wie Rosestad-nuus gesels het is in die wolke oor hierdie wending, veral oor die opheffing van die beperkings op die bywoning van groot sportbyeenkomste.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×