Altesaam 744 Suid-Afrikaners in Namibië het geregistreer om Saterdag in die verkiesing te stem.
Volgens die Verkiesingskommissie se verteenwoordiger in Namibië, Dickson Magida, het van die kiesers Vrydag by die stembus opgedaag omdat hulle gedink het hulle kan op 17 óf 18 Mei stem.
Dit het ook gebeur in Nieu-Seeland, waar kiesers ook gedink het hulle kan op beide die dae stem. Die stembus by die Hoë Kommissariaat in Windhoek is oop van sewe-uur vanoggend tot sewe-uur vanaand.