Suid Afrikaners in sommige dele van die land is in vervoering oor n massiewe kring om die son. Hierdie kring wat soos n reenboog lyk word genoem die 22 grade halo’s. Volgens Earthsky.org kom hoë cirruswolke voor net voordat daar n storm uitbreek. Hierdie halo’s is n teken van hoë dun cirruswolke en bevat miljoene klein yskristalle wat ongeveer 6 kilometer of meer bo ons koppe dryf.