Meer Suid-Afrikaners wend hulle tot winkelrekeninge om klere en kos op krediet te koop. Die vraag na kredietkaarte skiet ook die hoogte in onder jong mense. Dit is volgens ‘n nuwe verslag deur die verbruikerskredietverslaggroep TransUnion. Die verslag toon dat die aantal nuwe kleinhandel-rekeninge in die eerste kwartaal van 2023 met 35 persent gestyg het in vergelyking met verlede jaar. Bestaande rekeninghouers gebruik ook meer krediet weens hoër pryse.
