Meer as 1,6 miljoen Suid-Afrikaners wat spesiale stemme uitbring, sal vandag en Dinsdag na stembusse oor die land heen stroom om hul kruisies in vanjaar se verkiesing te trek.

Maroela Media berig die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, het gesê die aantal aansoeke om spesiale stemme wat ontvang is, is bemoedigend en toon dat Suid-Afrikaners entoesiasties is vir die algemene verkiesing. Meer as 600-duisend van die kiesers wat vir die spesiale stemme goedgekeur is, sal deur opgeleide verkiesingsbeamptes by hul huise of plekke waar hulle ingeperk is, besoek word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×