Dit is nie nodig dat Suid-Afrikaners bekommerd moet wees oor die A-pokke-uitbreking, wat as ‘n noodgeval vir openbare gesondheid verklaar is nie, sê die Nasionale Departement van Gesondheid.
Volgens SABC News kom dit nadat die Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming die uitbreking tot ‘n openbare gesondheidsnood in Afrika verklaar het.
Foster Mohale, woordvoerder van die department van gesondheid, sê die situasie in die land is onder beheer maar het bygevoeg dat dit enige tyd kan verander. Hy sê ook dat die departement saam met verskeie ander belanghebbendes werk om te verseker dat die uitbreking onder beheer gehou word.