Suid-Afrikaners moet hulle solank staal vir Meimaand se brandstofprysverhogings. Die jongste data van die Sentrale Energiefonds dui steeds daarop dat petrol ‘n onderverhaling van 35 sent per liter toon. Die onderverhaling op dieselpryse is tans tussen 30 sent en 37 sent per liter.

Die departement van mineralebronne en energie sal die amptelike verhogings na verwagting Dinsdag bekend maak. Hierdie brandstofpryse word dan oudergewoonte op die eerste Woensdag van die nuwe maand van krag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×