Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op bibberweer

 Suid-Afrikaners moet hulself voorberei op bibberweer

Suid-Afrikaners is gewaarsku om waaksaam te wees want temperature het landswyd skep gedaal.

Die kouefront het die Wes-Kaap gister getref en oornag na die binneland beweeg.

Bloemfontein was gisteraand een van die koudste plekke in die land, waar die temperatuur tot ‘n ysige minus vier grade gedaal het.

Met die koue front wat inwoners van Gauteng in ‘n ysgreep vasgevang het, het die woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Robert Mulaudzi, mense gewaarsku om ekstra versigtig te wees en om warm aan te trek.