Suid-Afrika vier vandag saam met die res van die wêreld die Internasionale Dag van Persone met Gestremdhede en, volgens president Cyril Ramaphosa moet die land meer doen om die regte van gestremde landsburger te bevorder.
Ramaphosa het gister in sy weeklikse nuusbrief ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om ʼn land te bou waar almal ingesluit, verteenwoordig en geakkommodeer word. Hy sê dat dit belangrik is dat alle Suid-Afrikaners die geleentheid gegun word om hul drome te verwesenlik.
Volgens die president is daar tans sowat drie-komma-drie miljoen Suid-Afrikaners wat met een of ander vorm van fisieke of intellektuele gestremdheid leef.