Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê Suid-Afrikaners moet saamwerk om maatskaplike euwels soos geslagsgebaseerde geweld te beëindig. Zulu het gister haar departement se begrotingsstemming in die parlement voorgelê. Sy het kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van mishandeling van vroue en kinders in die land. Zulu het ook kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van alkoholmisbruik in Suid-Afrika. Die minister het belowe om aan te hou veg vir die beskikbaarheid van maatskaplike toelaes vir mense wat dit nodig het.
