Die minister van Water en Sanitasie en sy eweknie by die Koninkryk van Lesotho het ‘n virtuele vergadering gehou voor die geskeduleerde sluiting van die Lesotho Hoogland Waterprojek-tonnel vandag.

Die tonnel sal tot 31 Maart volgende jaar gesluit wees weens instandhoudingswerk.

Albei lande het alternatiewe planne gemaak om watervoorsiening aan inwoners te onderhou, weens ‘n verwagte onderbreking in watertoevoer vanaf Lesotho tydens die instandhouding.

Die departement se Mandla Mathebula, sê die minister van Water en Sanitasie doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om gedurende hierdie tydperk water spaarsamig te gebruik.

LUISTER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×