Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, het gesê hoë inflasie het die koopkrag van die rand verswak. Dit maak Suid-Afrikaners armer. Volgens Kganyago is skerp brandstofprysstygings van die faktore wat die rand se koopkrag krimp. Hy het gdsê die huidige binnelandse ekonomiese vooruitsigte bly ongunstig. Kganyago het tydens ‘n lesing by die Universiteit van Limpopo se Graduate School of Leadership in Polokwane gepraat.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×