Suid-Afrikaners behoort teen Dinsdag te weet of kragtariewe met 32% gaan styg.  Rapport berig dat Nersa se toegelate verhoging naby aan Eskom se voorgestelde 32% gaan kom.  Nhlanhla Nene, heeltydse lid vir elektrisiteit by Nersa het gesê dat dit ‘n dubbele slag vir verbruikers kan wees waar verbruikers meer betaal vir minder krag.  Die afgelope week is berig dat Eskom se dieselvoorraad uitgeput is en verbruikers sal hulle moet staal vir hoë intensiteit beurtkrag.  Intussen het die Minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan aangekondig dat PetroSA 50 miljoen liter diesel aan Eskom gaan verskaf.  Ingeligtes sê dit is onduidelik waar die fondse vir die diesel vandaan gaan kom. Die DA se verteenwoordiger, Alf Lees sê hy sal nie verbaas wees as die lening van die Openbare Beleggingskorporasie, wat in staatspensioene belê, of die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika gaan kom nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×