Suid-Afrikaners se toekoms lyk weer sedert hanekraai maar redelik duister.

Eskom het douvoordag aangekondig dat hy skynbaar geen ander keuse het nie, as om fase 4-beurtkrag onmiddellik te implementeer.

Hierdie strawwe fase sal vir ‘n onbepaalde tydperk van krag bly.

Eskom het gesê hy sal laat weet indien die toedrag van sake verander, hetsy dit nou beter of slegter nuus is.

Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het gesê die jongste wending is weens ‘n tekort aan dieselvoorraad en lae watervlakke by van sy pomp-opgaarskemas.

Intussen kos beurtkrag die land se ekonomie miljarde rand per dag.

Netwerk24 het vroeër berig dat 2022 se beurtkrag winkels waarskynlik meer as R122-miljard aan verlore verkope kan kos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×