‘n Rekortgetal van meer as 18 miljoen Suid-Afrikaners het in die derde kwartaal van verlede jaar kredietaansoeke ingedien. Volgens BusinessTech is daar ook ‘n toename in agterstallige verbruikerslenings – veral in verbande.
Die Nasionale Kredietreguleerder sê verbruikers verkeer onder ernstige finansiële druk en baie huishoudings staar beduidende finansiële uitdagings in die gesig.
Die reguleerder sê ook toegang tot krediet deur digitale platforms speel ‘n groot rol in dié toename. Ten spyte hiervan beklemtoon hulle die meerderheid van kredietverskaffers voldoen aan die bekostigbaarheidsregulasies.