Suid-Afrikaanse verbruikers sukkel om hul huislenings en krediet te betaal weens die stygende lewenskoste en lae ekonomiese groei. Volgens die Experian-verbruikersstandaardindeks het die derde kwartaal ʼn toename in verbruikerskuld wanbetalings aangeteken vergeleke met verlede jaar. Die skuldwanbetaling het van drie-komma-ses-nege tot vier-komma-agt-agt persent toegeneem. Ekonome sê dit dui daarop dat verbruikers al hoe meer sukkel om hul skuldverpligtinge na te kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×