Suid-Afrikaners wag nog in spanning om te hoor wie aangestel gaan word as die nuwe minister van Elektrisiteit. Dit terwyl die land weer gekonfronteer is met fase 6-beurtkrag. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het media vanoggend toegespreek en weer bevestig dat dit net ʼn tydelike pos gaan wees. Hy sê die fokus van die minister sal wees om beurtkrag aan te pak. Die persoon sal net in die pos wees solank as wat daar beurtkrag in die land is.