Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr Naledi Pandor, het gesê enige Suid-Afrikaner wat vir of saam met die Israeliese weermag in Gaza veg, sal in hegtenis geneem word wanneer hulle na Suid-Afrika terugkeer. Netwerk 24 berig Pandor het gesê sy het reeds ‘n waarskuwing hieroor uitgereik tydens ‘n gesprekvoering in solidariteit met Palestina wat die ANC in Johannesburg gehou het.

Sy het tydens die geleentheid ook mense aangemoedig om met plakkate soos “stop die volksmoord”, voor die vyf hooflande wat Israel ondersteun, se ambassades te gaan betoog. Sy wou nie die lande se name noem nie. Die EFF het haar standpunt geloof. Die DA en VF Plus het haar beskuldig omdat sy nie dieselfde ywer het om teen landsburgers op te tree wat Rusland in sy oorlog teen Oekraine help nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×