Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het uiteindelik toegegee aan die DA se herhaalde versoeke dat genaturaliseerde burgers en Suid-Afrikaners wat in die buiteland gebore is, slim ID kaarte kan kry. Tot dusver kon die betrokke Suid-Afrikaners slegs aansoek doen vir die ou groen identiteitsboekie. Die direkteur-generaal van binnelandse sake, Tommy Makhode, het die week tydens ‘n parlementêre portefeulje-vergadering aan die DA bevestig dat hy opdrag gekry het om die besluit van die minister onmiddellik te implementeer. Die DG het gesê stelselaanpassings is reeds aan die gang om die verandering te kan hanteer.
