Suid-Afrikaners weet steeds nie hoe die regering van nasionale eenheid gaan lyk nie. Dít met die eerste sitting van die Nasionale Vergadering wat vanoggend plaasvind. Die ANC sê hulle sal wel die belange en welstand van Suid-Afrikaners eerste plaas in die vorming van die regering.

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbabula, het gisteraand die media toegespreek ná die vergadering van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee. Hy sê hoewel daar teenstand teen die regering van nasionale eenheid is, sal die ANC voortgaan met die proses omdat die party nie die land alleen kan regeer nie. Hy sê dit is noodsaaklik dat hulle saam met ander partye werk.

Intussen word die inhuldiging van die verkose president volgende week Woensdag in Pretoria gehou. Hierdie aankondiging is gister deur die sekretaris van die parlement, Xolile George, gedoen. Die Nasionale Vergadering sal vanoggend sy eerste sitting hou waar die president verkies sal word, na die beëdiging van parlementslede. George sê na afloop van die eerste sitting sal lede voortgaan om die inhuldiging van die verkose president by te woon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×