President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om soos wewervoëls op te tree – deur saam te werk om een groot nes te bou.

Hy sê die stigting van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) het die land op koers na ‘n sogenaamde “samewerkingsnasie” geplaas. IOL berig tydens sy toespraak Donderdagaand by die opening van die parlement, het Ramaphosa gesê as Suid-Afrikaners saamwerk is daar geen berg wat hulle nie kan uitklim nie, geen kruin wat hulle nie kan bereik nie.

Hy sê ook met die RNE is daar nou ‘n groot geleenteheid om Suid-Afrika ‘n beter nasie te maak. Netwerk24 berig dat, volgens Ramaphosa, die RNE vir die volgende vyf jaar sal fokus op ekonomiese groei, ten einde ‘n inklusiewe ekonomie vir die land tot stand te bring.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×