Die Suid-Afrikaanse Gesondheids-produktebeheerraad, of Sahpra, waarsku lede van die publiek oor besmette gesondheidsprodukte, wat deur ʼn Indiese maatskappy, genaamd Maiden Pharmaceuticals, verhandel word, wat glo tot die dood van 33 kinders gelei het.

Volgens dokter Boitumelo Semete, hoof-uitvoerende beampte van Sahpra, is altesaam 33 kinders glo in Gambië aan nierverwante komplikasies dood.

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie, of WGO, het laboratoriumtoetse uitgevoer wat die medikasie met daardie sterftes verbind het.

Die produkte, soos dit op die WGO se produklys verskyn, is nie geregistreer vir gebruik in Suid-Afrika nie, maar daar is ʼn moontlikheid dat die produkte na ander lande versprei kan word.

Die Maiden Pharmaceuticals-produkte is geïdentifiseer as Promethazine Oral Solution, Kofexmalin Baby Cough Syrup, Makoff Baby Cough Syrup en Magrip N Cold Syrup.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×