Standard Bank het Suid-Afrikaanse werksoekers versoek om versigtig te wees vir vals werksadvertensies wat op sosiale mediaplatforms toeneem.

Die bank sê bedrieërs adverteer poste met hoë salarisse vir minimale werk om burgers se inligting of geld te steel.

Die bank doen ‘n beroep op werksoekers om die besonderhede van die werwingsmaatskappy te kontroleer en om nie sensitiewe inligting oor die telefoon te deel nie.

Intussen berig Netwerk24 die Suid-Afrikaanse Bedrogsvoorkomingsdiens (SAFPS) waarsku die publiek teen ‘n bedrogspul waar swendelaars hulle as polisielede voordoen om mense te mislei om hul persoonlike en finansiele inligting aan hulle te gee.

Die swendelaars bel glo slagoffers en beweer dat hulle van ‘n oortredeing beskuldig word.

Die SAFPS waarsku dat polisiebeamptes mense nooit sal vra om geld oor te plaas of om skermgrepe van jou banktoepassing of state te deel nie. Ook word daar nooit deur die polisie verklarings via video-oproepe geneem nie.

error: Inhoud is beskerm !!